Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 18-04-2019 (vlak 2)



vorige toets 18 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-04-2019 só ingevul:



Vanjaar was inderdaad ’n uitputtende jaar.
'n Sinoniem vir die woord "inderdaad" is ........ .


44 % (afgerond)onteenseglik
4 % (afgerond)hoegenaamd
2 % (afgerond)bowendien
50 % (afgerond)bepaald 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "inderdaad - bepaald".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die meisie het vergeet om 'n bietjie olie in die ........ te gooi.


pantjie
98 % (afgerond)pannetjie 
pankie
1 % (afgerond)pannekie

Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur ’n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 17.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Daar het 'n nuwe winkelsentrum oopgemaak in ........ .


2 % (afgerond)24-riviere
57 % (afgerond)24-Riviere
40 % (afgerond)24 Riviere 
1 % (afgerond)24 riviere

'n Bepaalde hooftelwoord ("24") in 'n geografiese naam word los geskryf van die selfstandige naamwoord ("riviere").
Sien ook die bladsy Plekname.




Die meisies was vandag weer baie stout in die klas.
Wat is die woordsoort van "stout" in bostaande sin?



31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
7 % (afgerond)selfstandige naamwoord
22 % (afgerond)bywoord
40 % (afgerond)werkwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “stoute” meisie. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “stout”, “stouter”, “stoutste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties