Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 22-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 22 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-04-2024 só ingevul:



Ons het in Desember lekker vakansie gehou.
Wat is die woordsoort van "lekker" in bostaande sin?


3 % (afgerond)voegwoord
40 % (afgerond)bywoord 
57 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het ons vakansie gehou? Die antwoord: lekker.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Hierdie bydraes was die motivering vir die ........ van die span.


5 % (afgerond)reuse-sukses
39 % (afgerond)reusesukses 
reus sukses
56 % (afgerond)reuse sukses

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Brandslaners dra ........ klere om hulle teen die hitte en vlamme te beskerm.


1 % (afgerond)brandvast
2 % (afgerond)brandvasse
2 % (afgerond)brandvas
96 % (afgerond)brandvaste 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("brandvas"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: 'n Boom aan sy ........ ken.


81 % (afgerond)vrugte 
11 % (afgerond)blare
6 % (afgerond)wortels
2 % (afgerond)takke

Die idioom "'n boom aan sy vrugte ken", beteken 'iemand volgens sy/haar dade beoordeel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties