11 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-08-2025 só ingevul:
Cora Marie was bekend vir haar country-baadjies met fraiings. Wat is die woordsoort van die woord "fraiings" in bostaande sin?
versamelnaam maatnaam eienaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "fraiing", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Hoe vertaal ons "welding rods" in Afrikaans?
sweisstawe sweispenne sweisdrade sweisvingers
"Welding" is 'sweis' en "rods" is 'stawe'. In Afrikaans word woorde wat uit meer as een woorddeel (morfeme) bestaan, altyd vas geskryf. Daarom sal dit "sweisstawe" en nié "sweis stawe" wees nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die verhaal van die straatveër wat 'n operasanger geword het, is ........ verhaal wat ek nog gehoor het.
die mees merkwaardig die mees merkwaardigste die merkwaardigste die mees merkwaardige
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “merkwaardige”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “merkwaardiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die merkwaardigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Daai ........ beteken ons moet laat spat! As daai renoster ons gewaar, is dit klaarpraat met ons!
gesnork gerunnik gebrom geblêr
Dieregeluide is woorde wat gebruik word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels klanknabootsend van die klank wat die dier maak, maar nie altyd nie: 'n "renoster" 'snork' 'n "perd" 'runnik' 'n "skaap" 'blêr' 'n "beer" 'brom'.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)