Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 27-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 27 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-08-2019 só ingevul:



Hierdie kookboek bevat eenvoudige resepte vir heerlike, ........ kos.


huilsaam
1 % (afgerond)heilsaam
97 % (afgerond)heilsame 
1 % (afgerond)huilsame

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("heilsaam"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die kunstenaar is 'n ........ ; sy probeer om die natuur so getrou moontlik in haar kuns weer te gee.


94 % (afgerond)naturalis 
1 % (afgerond)natuurales
5 % (afgerond)natuuralis
1 % (afgerond)naturales

Die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 16.13).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die uitsig vanaf ........ oor die see is pragtig.


1 % (afgerond)wavecrest
wave crest
8 % (afgerond)Wave crest
90 % (afgerond)Wavecrest 

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .


89 % (afgerond)tiroïedklier 
2 % (afgerond)galblaas
2 % (afgerond)strydklier
8 % (afgerond)limfklier

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties