13 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-12-2019 só ingevul:
Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
ter doodveroordeelde terdood veroordeelde terdoodveroordeelde ter dood veroordeelde
"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Woorde moet verkieslik op betekenisvolle plekke afgebreek word, terwyl herkenbaarheid in gedagte gehou moet word. Woorde van klassieke herkoms word meestal streng volgens sillabegrense afgebreek. "Virtuositeit" beteken 'besondere vaardigheid of begaafdheid'.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
My pa se geduld is op met die kalkoene wat so ........ .
koel-koel hoe-hoe kekkel kloek
Kalkoene koel-koel, uile hoe-hoe en henne kloek of kekkel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Kiëf is die hoofstad van ........ .
die Ukraïne die Oekraïne Ukraïne Oekraïne
Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekra%C3%AFne
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)