Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 02-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-10-2019 só ingevul:



Die meervoud van "wig" is ........ .
('n Wig is 'n spitslopende stuk gereedskap met 'n driehoekige vorm.)


9 % (afgerond)wigge
78 % (afgerond)wîe 
1 % (afgerond)gewigte
12 % (afgerond)wigte

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.




Fanus was opgewonde om die eerste heldergroen ........ van die lente in die tuin op te merk.


12 % (afgerond)Mooimeisies
87 % (afgerond)mooimeisies 
1 % (afgerond)mooi meisies
Mooi meisies

Byvoeglike naamwoorde (soos "oranje" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. So sal "'n mooi meisie" verwys na 'n aantreklike dame, maar "'n mooimeisie" na 'n spesifieke, helderkleurige voëlsoort.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




20 ........ het die partytjie bygewoon.


80 % (afgerond)mense 
20 % (afgerond)Mense

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met 'n syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




As Ouma die eende gaan kos gee, roep sy: " ........ !"



18 % (afgerond)kiep-kiep
40 % (afgerond)wielie-wielie 
18 % (afgerond)koel-koel
24 % (afgerond)kielie-kielie

Eende word geroep met wielie-wielie (of pielie-pielie), hoenders met kiep-kiep en kalkoene met koel-koel. Sekere paddas maak kielie-kielie. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties