Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 04-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 04 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-10-2019 só ingevul:



Ek hou van feite, kennis en logiese redenering, daarom verkies ek die ........ bo die mistieke.


99 % (afgerond)wetenskap 
wetinskap
weetinskap
weetenskap

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2); die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die dagvaarding ........ oor sy hoof.


94 % (afgerond)hang 
2 % (afgerond)
4 % (afgerond)rus

Die uitdrukking "iets oor die hoof hang" beteken ''n bedreiging is aan die kom'. (Bron HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Op die kerkbasaar het die ........ die meeste geld ingesamel.


7 % (afgerond)wit olifant-tafel
6 % (afgerond)wit olifant tafel
8 % (afgerond)wit-olifant-tafel
78 % (afgerond)witolifanttafel 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "wit" + selfstandige naamwoord "olifant") en ʼn selfstandige naamwoord "tafel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




'n Veer van die antieke horlosie het gebreek.
Die tarentaal verloor soms 'n veer.
Wat is die weetwoord van die woord "veer" in bogenoemde sinne?




10 % (afgerond)poliseem
2 % (afgerond)sinoniem
3 % (afgerond)antoniem
86 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “veer” (‘in 'n horlosie, motor, skaal’) en “veer” (‘van 'n voël’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties