Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 16-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-04-2024 só ingevul:



Die skrywers behoort aan 'n ........ .


92 % (afgerond)gilde 
8 % (afgerond)gulde

'n Mens noem 'n beroepsvereniging 'n gilde. "Gulde" beteken 'goue', soos in "'n gulde geleentheid" (wat dus as 't ware 'n goue geleentheid is).
Sien ook die bladsy Homofone.




Die meervoud van die gewone naam van die plant "Melianthus comosus" is ........ .


16 % (afgerond)kruidjieroermynies
62 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nies 
15 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nieë
7 % (afgerond)kruidjies roer my nie

'n Woordgroep bestaande uit meer as twee woorde wat in die geheel betekenisverdigting ondergaan het en na een saak verwys, word met koppeltekens vas geskryf. AWS 12.19
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Job se lewe het gespreek van ........ .


61 % (afgerond)slegs godvresendheid 
13 % (afgerond)slegs Godvresendheid
26 % (afgerond)Godvresendheid of godvresendheid

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.


12 % (afgerond)weemoed
lof
10 % (afgerond)rou
78 % (afgerond)hartseer 

'n Mens spreek jou "hartseer", "simpatie" of "medelye" uit by iemand se dood; iemand "rou" oor die dood van 'n geliefde; die woord "lof" is 'n sinoniem vir "prys"; "weemoed" is 'n 'treurige gevoel', byvoorbeeld om met 'weemoed' afskeid te neem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties