25 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-04-2024 só ingevul:
Hy het hom probeer ........ en sy vriend blameer.
verontskuldig
onskuldig
beskuldig
skuldig
Die woord "verontskuldig" beteken 'ontskuld bewys'; "beskuldig" beteken 'om die skuld op iemand te pak'; "onskuldig" beteken 'vry van blaam' en iemand wat 'n veroordeelde daad uitgevoer het is "skuldig".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Wat is die vroulike vorm van die woord "vors"?
vorstin
vorstes
vorste
vorse
'n "Vors" is 'n 'regeerder of hoof van 'n ryk, byvoorbeeld 'n koning of 'n prins'. Die vroulike vorm daarvan is "vorstin". Hierdie terme word meestal in 'n histories konteks gebruik. 'n Mens sou byvoorbeeld na Katharina die Grote van Rusland as "'n magtige vorstin" kon verwys.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Daardie winkel is bekend vir hul gesogte ........ .
Geografiese byvoeglike naamwoorde word altyd met 'n hoofletter geskryf, byvoorbeeld "Persiese matte", "Indiese kerrie", "Amerikaanse dennehout".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Waarvoor staan die akroniem "MNR"?
Mediese Navorsingsraad
Meneer
Menere
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word – in hierdie geval as 'n letternaamwoord, d.w.s. die name van die letters word gebruik om die woord ("em-en-er") uit te spreek. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)