3729 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 14 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-11-2019 só ingevul:



Die Roux-gesin kom gereeld voor 'n ........ probleem te staan.


90 % (afgerond)verskriklike 
8 % (afgerond)verskriklikke
2 % (afgerond)verskriklik

Wanneer "verskriklik" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "verskriklike". Die laaste "k" word nie verdubbel nie, aangesien die "i" nie beklemtoon is nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




'n Stuk ........ kan tot verskillende soorte yster verwerk word.


26 % (afgerond)ruyster 
ruÿster
1 % (afgerond)rueister
73 % (afgerond)ru-yster

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld "ruyster", “handearbeid”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.




Duitsland se sterk ekonomie kan toegeskryf word aan ........ en goeie beleid.


10 % (afgerond)Eerste-wêreld- ekonomiese -infrastruktuur
24 % (afgerond)Eerste-wêreld-ekonomiese-infrastruktuur
15 % (afgerond)Eerste wêreld ekonomiese infrastruktuur
52 % (afgerond)Eerste Wêreld- ekonomiese infrastruktuur 

By afstandsamestellings is ʼn koppelteken volgens die nuwe AWS verpligtend. In samestellings met eiename word die integriteit van die eienaam, in die geval "Eerste Wêreld", behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die minister is al jare lank in omstredenheid ........ .


82 % (afgerond)gehul 
17 % (afgerond)gedompel
1 % (afgerond)omvou
gedoop

'n mens gebruik in omstredenheid "gehul" wanneer die omstredenheid reeds in die verlede lê; "gedompel" wanneer dit so pas bekend geword het. Byvoorbeeld: Die minister is al jare lank in omstredenheid gehul.
Die nuwe tender het die minister in omstredenheid gedompel.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties