2226 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 17 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-07-2025 só ingevul:



Buks spel altyd " ........ " verkeerd.
12 %eposboodskap
7 % (afgerond)epos-boodskap
60 % (afgerond)e-posboodskap 
20 % (afgerond)e-pos boodskap

Om verwarring te voorkom, word "e-pos" met 'n koppelteken geskryf. "Epos" (sonder 'n koppelteken) is 'n 'verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word'.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die groot ........ sterk bokser het sy teenstander maklik geklop.
1 %punt
4 % (afgerond)kommapunt
2 % (afgerond)dubbelpunt
93 %komma 

Die komma word tussen byvoeglike naamwoorde (wat by selfstandige naamwoorde behoort) as ruspunt in 'n sin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.



Sommige kruie is so bitter soos ........ .
1 % (afgerond)medisyne
99 %gal 
rogwater
seewier

"So bitter soos gal" beteken 'báie bitter'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



ʼn ........ is al wat jy nodig het vir daardie seerplek; dit is nie so erg nie.

1 % (afgerond)plyster
89 % (afgerond)Pleister 
2 %Plyster
7 % (afgerond)pleister

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties