16 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-06-2025 só ingevul:
Hierdie middel genees alle skete en pyne. Wat is die woordsoort van "genees" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord werkwoord voegwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "genees", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
My ........ het my gehelp om 'n nuwe motor te koop.
ex-man eks-man x-man eksman
Die woord "eksman" is 'n gewone samestelling en kry nie 'n koppelteken nie. ʼn Samestelling is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sipho stel baie belang in die ........ van die Romeinse gode en helde.
mieds miedens mites miets
Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: Die ........ stywer trek.
gordel rieme tou beld
Die uitdrukking "die gordel stywer trek" beteken 'met minder geld klaarkom'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)