25 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-06-2025 só ingevul:
Met jou GPS kan jy verskeie ........ na jou bestemming kry.
roetens roeten roettes roetes
Naamwoorde wat op "-e" eindig ("roete"), kry ʼn "-s" in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Weens die waterbeperkings kan ons net saans die tuin ........ .
nat spyt natspyt nat spuit natspuit
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "natspyt" in plaas van die korrekte "natspuit".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
John het vir hom ’n nuwe ........ gekoop.
kwarts horlosie kwartshorlosie kwartsoorlosie kwarts-horlosie of kwarshorlosie
ʼn Samestelling (“kwartshorlosie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kwarts” en “horlosie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Omdat Simon al voorheen vir Marike gekul het, wantrou sy hom. 'n Antoniem vir die woord "wantrou" is ........ .
betroubaar trou aanvaar vertrou
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)