08 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-07-2025 só ingevul:
Die hond ........ ek praat, is nie myne nie.
waarvan van wie van wat
Waar diere en dinge ter sprake is, word "waarvan" gebruik, terwyl "van wie/wat" nie aanvaarbaar is nie.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.
Koos verjaar op ........ .
skrikkel dag skrikeldag skrikkeldag skrikkel-dag
ʼn Samestelling ("skrikkeldag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("skrikkel" en "dag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ is bekend vir hulle rotskuns in verskeie dele van die land.
San san saan Saan
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met ʼn hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Iemand wat alewig met sy neus in die boeke sit, noem ons 'n ........ .
laspos waaghals boekwurm klakous
'n Waaghals is 'n onverskillige, roekelose persoon; 'n laspos is iemand (meesal 'n kind) wat ander aanhoudend pla; 'n klakous is iemand wat baie kla.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)