13 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-11-2025 só ingevul:
Die Oesskattingskomitee sê sowat honderdduisend ........ is weens die verwoestende brande vernietig.
hektaar hektarens hektare hektaars
Die meervoud van die woord "hektaar" is "hektare" of "hektaars". Wanneer die woord egter ná 'n syfer gebruik word, word net die enkelvoud gebruik. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ........ van die plan moet egter gewysig word.
syaansig sy-aansig sy aansig syäansig
Die opeenvolging van vokaalletters bring nie noodwendig mee dat 'n komplekse woord verkeerd of moeilik korrek gelees sal word nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
Nasionalevrouemonument kommissie Nasionale Vrouemonumentkommissie Nasionale Vroue Monument kommissie Nasionalevrouemonumentkommissie
Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Drie ........ staan naby Giza in Egipte.
reuse piramides reusepiramiedens reusepiramides reusepiramide
Die woorddeel "reuse-" is nie ’n byvoeglike naamwoord nie, maar wel die eerste lid van ’n samestelling en word altyd vas geskryf. Die woord "reuse" as die meervoud van "reus" is ’n selfstandige naamwoord wat wel op sy eie kan staan.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)