21 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-11-2019 só ingevul:
Vir hierdie spesiale aanbieding is daar ........ wat geld.
terme en voorwaardes termes en voorwaardes bepalings en voorwaardes terme en kondisies
In hierdie konteks word die Engelse "terms" met "bepalings" vertaal. In Afrikaans beteken "term" meestal 'vakwoord'. Die Engelse "conditions" is hier "voorwaardes", terwyl "kondisie" in Afrikaans 'toestand' beteken. Ons sê byvoorbeeld: "Die beeste is in 'n goeie kondisie."
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die ........ oor die rivier is so klein, slegs een persoon kan op 'n slag daaroor loop.
brugkie bruggie brugie brugtjie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan, word ........ genoem.
Eurasië Euroasië eurasië Euro-Asië
Geografiese name, byvoorbeeld die name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die Afrikaanse vertaling van "wall-to-wall carpet" is ........ .
Die Afrikaans vir die Engelse term "wall-to-wall carpet" is "volvloertapyt". Die uitdrukking "muur-tot-muur-tapyt is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)