3704 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-10-2020 (vlak 2)



vorige toets 27 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-10-2020 só ingevul:



Slegs een ........ het aan die kunswedstryd deelgeneem, die ander was almal mans.


93 % (afgerond)orreliste 
2 % (afgerond)orrelisse
orrelisde
5 % (afgerond)orrelisster

By sommmige Afrikaanse naamwoorde lyk die meervoudsvorm en vroulike vorm dieselfde. Byvoorbeeld, "orreliste" en "pianiste". Afrikaans kan wel tussen geslagte onderskei, maar dit is ook korrek om slegs die manlike vorm vir albei geslagte te gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Dit is baie moeilik om met Mien saam te werk; sy is baie ........ .


98 % (afgerond)hardkoppig 
hartkoppeg
hardkoppeg
2 % (afgerond)hartkoppig

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die komponis se musiek getuig van ........ invloede, weens sy jare lange verblyf in China.


22 % (afgerond)asiatiese
4 % (afgerond)asiese
17 % (afgerond)Asiese
57 % (afgerond)Asiatiese 

Geografiese name begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Asië", "Midde-Ooste", "Weste" (AWS 9.13).
Sien ook die bladsy Plekname.




Toe die polisie ........ in sy koffer vind, het hulle hom gearresteer.


16 % (afgerond)slegs kokaïne
5 % (afgerond)slegs kokaien
slegs kokaïnes
79 % (afgerond)kokaïen of kokaïne 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is. Byvoorbeeld, "kokaïne – kokaïen"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties