4687 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-05-2020 (vlak 3)



vorige toets 29 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-05-2020 só ingevul:



Fanus was opgewonde om die eerste heldergroen ........ van die lente in die tuin op te merk.


2 % (afgerond)mooi meisies
16 % (afgerond)Mooimeisies
Mooi meisies
82 % (afgerond)mooimeisies 

Byvoeglike naamwoorde (soos "oranje" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. So sal "'n mooi meisie" verwys na 'n aantreklike dame, maar "'n mooimeisie" na 'n spesifieke, helderkleurige voëlsoort.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die Paleis van Versailles is die "epitome" van weelde.
Wat is die korrekte Afrikaans vir "epitome"?


epitomee
2 % (afgerond)epitoom
97 % (afgerond)toonbeeld 
aambeeld

Die Engelse woord "epitome" kan op verskeie maniere in Afrikaans vertaal word, byvoorbeeld "toonbeeld", "toppunt" en "kroon".
Die woord "epitome" kom van Grieks, van epi 'daarbenewens' + temnein 'om te sny'.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Idioom: Hy gee my 'n ........ onder water.


7 % (afgerond)soen
33 % (afgerond)steek 
40 %skop
20 % (afgerond)hou

Hierdie idioom beteken 'hy sê my op indirekte wyse sleg'.

Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ se sang het almal tot trane beweeg.


49 % (afgerond)Maleierkoor 
2 % (afgerond)maleierkoor of maleier-koor
42 % (afgerond)maleierkoor of Maleierkoor
8 % (afgerond)maleierkoor

Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties