3572 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-11-2019 só ingevul:



Werner het nie kwaad geword nie; inteendeel ........ hy het haar heel rustig aangekyk.


.
9 % (afgerond);
15 % (afgerond)Geen leesteken nie
76 % (afgerond), 

As woorde soos "inteendeel" en "trouens" aan die begin van 'n onafhanklike sin voorkom, word dit gewoonlik gevolg deur 'n komma.
Sien ook die bladsy Komma.




Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.


45 % (afgerond)Proton M-vuurpylaanjaer
16 % (afgerond)Proton-M vuurpylaanjaer
3 % (afgerond)Proton M vuurpylaanjaer
36 % (afgerond)Proton-M-vuurpylaanjaer 

Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die juwelier verkies om ........ in sy ringe te gebruik.


1 % (afgerond)Opaals
4 % (afgerond)Opale
7 % (afgerond)opaals
88 % (afgerond)opale 

Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Idioom: Sy is ........ van die baan.


8 % (afgerond)Kaatjie
84 % (afgerond)kaatjie 
Katjie
7 % (afgerond)katjie

Iemand wat stuitig en stout is, word in die idioom kaatjie van die baan genoem. "Kaatjie" is oorspronklik afgelei van die persoonsnaam "Catharina" ("Catharina van die baan"), maar dit word deesdae met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties