3977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 13 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-07-2020 só ingevul:



Die ........ vlugtelinge van Sirië na Europa neem elke dag toe.


24 % (afgerond)getal 
nommers
nommer
76 % (afgerond)aantal

Die woord "aantal" verwys na 'n onbepaalde hoeveelheid. Byvoorbeeld, 'n groot aantal of baie mense het na die strand gestroom. Die woord "getal" slaan op 'n bepaalde hoeveelheid wat getel is of getel kan word. Byvoorbeeld, die "getal" vlugtelinge neem daagliks toe. Die woord "nommer" is 'n syfer wat in 'n reeks voorkom, byvoorbeeld elke atleet het 'n nommer op die rug.
(Bronne: Skryf Afrikaans en HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Hy het ........ by die dinee opgedaag.


5 % (afgerond)smoordeftig
1 % (afgerond)breekdeftig
7 % (afgerond)dooddeftig
87 % (afgerond)kraakdeftig 

Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.


23 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
33 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 
33 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap
11 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die ........ beampte het ons na die lughaweontvangs verwys.


56 % (afgerond)Katarse
11 % (afgerond)Katarrese 
33 % (afgerond)Katarese

Die byvoeglike naamwoord wat verwys na die land Katar is "Katarrese". 'n Volledige lys van geografiese name met hul afleidings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
39% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties