3704 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-10-2020 (vlak 3)



vorige toets 27 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-10-2020 só ingevul:



Sonet se skoonma is ........ op hoe sy die kinders opvoed.


96 % (afgerond)hiperkrities 
hipirkrities
hiepirkrities
4 % (afgerond)hieperkrities

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voorvoegsel "hiper-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Hy is die ........ mens wat ek nog teëgekom het; hy wend geen poging aan om 'n werk te kry nie.



67 % (afgerond)werkskuuste 
3 % (afgerond)mees werkskuste
13 % (afgerond)werkskuste
17 % (afgerond)mees werksku

In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op “u” eindig, word die “u” verdubbel, byvoorbeeld “kruuste”, “ruuste”, “skuuste” (AWS 16.5). "Mees sku" volg nie die patroon van Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Mel Gibson het vele kritiek oor ........ ná sy fliek, "The Passion of the Christ", ontvang.


3 % (afgerond)slegs Anti-semitisme
60 % (afgerond)anti-Semitisme of antisemitisme 
28 % (afgerond)slegs anti-semitisme
9 % (afgerond)slegs Anti-Semitisme

Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter (AWS 9.21).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Die boot in die droogdok moet eers ........ gemaak word voordat dit te water gelaat kan word.


56 % (afgerond)seevaardig
see-vaardig
43 % (afgerond)seewaardig 
see-waardig

Passasiers is "pad- of reisvaardig" as hulle gereed is om te vertrek. Voertuie in 'n goeie toestand is "padwaardig"; skepe is "seewaardig" en vliegtuie is "lugwaardig".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties