'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “snoet - die snoet – snoete”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek sal ’n tjek vir betaling moet ........ .
aanvraag aan vra aan vraag aanvra
ʼn Samestelling ("aanvra") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "vra") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die Bodenmeer lê aan die voet van die ........ .
Alpe Alpberge Alpeberge Alpen
Die Alpe is 'n bergreeks in Europa. Die naam "Alpe" kom waarskynlik van die pre-Indo-Europese woord *alb wat 'heuwel' beteken het.
Sien ook die bladsy Plekname.
Hy lag in sy ........ . ('n Idioom wat stilletjies lag beteken.)
keel vuis verbeelding kies
Idiome word ook gesegdes of segswyses genoem, terwyl party mense dit ook spreekwoorde noem. Die betekenis van die uitdrukking is nie altyd duidelik nie en word gewoonlik aangeleer.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)