3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-09-2019 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 02 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-09-2019 só ingevul:



Die eerste fase van die projek behoort binnekort voltooi te wees.
Wat is die woordsoort van "fase" in bostaande sin?



20 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
6 % (afgerond)bywoord
71 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “fase - die fase – fases”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sydney is die hoofstad van die Australiese deelstaat ........ .


14 % (afgerond)Nieu Suid Wallis
46 % (afgerond)Nieu Suid-Wallis
3 % (afgerond)Nieusuidwallis
36 % (afgerond)Nieu-Suid-Wallis 

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onselfstandige woorddeel is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Nieu-Seeland", "Tsjeggo-Slowakye" en "Belo-Rusland". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Plekname.




Growwebrood is ........ as koek.


86 % (afgerond)heilsamer 
die heilsaam
13 % (afgerond)meer heilsaam
1 % (afgerond)meer heilsamer

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “heilsaam”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “heilsamer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die heilsaamste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Idioom: ........ pik nie mekaar se oë uit nie.


12 % (afgerond)Duiwe
9 % (afgerond)Hoenders
72 % (afgerond)Kraaie 
7 % (afgerond)Slange

Die idioom "kraaie pik nie mekaar se oë uit nie" beteken 'skelm mense doen mekaar gewoonlik geen kwaad aan nie'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties