3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-09-2019 só ingevul:



Edwin Cameron is 'n bekende kampvegter vir menseregte en was 'n ........ .


52 % (afgerond)Konstitusionele Hofregter 
20 % (afgerond)Konstitusionele Hof Regter
10 % (afgerond)Konstitusionele-Hof-Regter
18 % (afgerond)Konstitusionele-Hofregter

In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Konstitusionele Hof") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("regter") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Konstitusionele Hofregter" is "Konstitusionele Hof-regter" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




In die Romeinse ........ het swaardvegters teen mekaar geveg.


areena's
69 % (afgerond)arenas 
30 % (afgerond)arena's
1 % (afgerond)areenas

Die meervoudsvorm van die woord "arena" kry nie 'n afkappingsteken nie omdat die woord nie op 'n beklemtoonde "a" eindig nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Kyk net hoe ........ is Martin se motor gepolitoer!


1 % (afgerond)waterblink
95 % (afgerond)skitterblink 
3 % (afgerond)goudblink
1 % (afgerond)skynblink

Die bekendste intensiewe vorm van "blink" is "skitterblink". Nog voorbeelde sluit in "bottelblink, spieëlblink, diamantblink, sweetblink, silwerblink", ensovoorts.

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Sy familie noem hom ........ , omdat hy 'n voorliefde het vir duur motors.


77 % (afgerond)Blink Stefaans 
6 % (afgerond)blink stefaans
1 % (afgerond)Blink stefaans
16 % (afgerond)blink Stefaans

Indien 'n bynaam los van die gewone eienaam geskryf word, begin albei die name met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties