3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 06 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-09-2019 só ingevul:



Reën sal in hierdie stadium ........ wees vir die oes.


98 % (afgerond)fataal 
1 % (afgerond)fattaal
fattal
2 % (afgerond)fatal

In geslote lettergrepe (soos in die woord “fataal”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Idioom: Jou ........ vol hê.


1 % (afgerond)kaste
22 % (afgerond)mond
74 % (afgerond)hande 
4 % (afgerond)mandjies

Hierdie idioom beteken 'baie besig, bedrywig wees'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ hou 'n vergadering om die jongste vlaag inbrake te bespreek.


93 % (afgerond)gemeenskapsforum 
gemeenskap-forum
6 % (afgerond)gemeenskapforum
1 % (afgerond)gemeenskap forum

Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "oorredingsvermoë", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die vroedvrou het die ma ........ by die geboorte van haar baba.


5 % (afgerond)te hulp gesnel
90 % (afgerond)bygestaan 
5 % (afgerond)te hulp gestaan

Die uitdrukking "bystaan" beteken 'help'; die uitdrukking "te hulp snel" beteken 'haas om iemand te help'; "te hulp staan" is kontaminasie van die twee en is foutief.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties