3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-09-2019 só ingevul:



Petro ........ haar suster met die goeie pos wat sy losgeslaan het.


73 % (afgerond)beny 
20 % (afgerond)benei
7 % (afgerond)benui

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die betogers was kwaad omdat die burgemeester nie opgedaag het om na hul ........ te luister nie.



87 % (afgerond)griewe 
2 % (afgerond)griefs
6 % (afgerond)griefe
5 % (afgerond)griewens

Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn “f” eindig, kry “-we” of “-wwe” in die meervoudsvorm, byvoorbeeld “grief – griewe” en “stof – stowwe”.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Boet het almal verbaas toe hy besluit het om ’n ........ te word.


81 % (afgerond)modeontwerper 
6 % (afgerond)modeöntwerper
8 % (afgerond)Modeontwerper
5 % (afgerond)Mode ontwerper

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "modeontwerper", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




’n Sinoniem vir die woord harlekyn in die volgende sin is ........ . Die kinders het die harlekyn in die sirkus baie geniet.


6 % (afgerond)sweefstokarties
9 % (afgerond)sirkusbaas
3 % (afgerond)seremoniemeester
82 % (afgerond)hanswors 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties