4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 30 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-03-2020 só ingevul:



Pa staan op 'n stellasie om die muur te verf.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "stellasie" in bostaande sin?


10 % (afgerond)eiename
4 % (afgerond)massaname
84 % (afgerond)soortname 
1 % (afgerond)maatname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "stellasie", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ek sien daar is 'n advertensie vir 'n ........ ; gaan jy aansoek doen?


6 % (afgerond)digitale beeld tegnikus
18 % (afgerond)digitale-beeldtegnikus
70 % (afgerond)digitalebeeldtegnikus 
5 % (afgerond)digetale beeld-tegnikus

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "digitale"+ selfstandige naamwoord "beeld") en ʼn selfstandige naamwoord "tegnikus". Nog voorbeelde is "hoëhakskoen" en ekonomieseklaspassasier.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Maak die ........ toe dat die son nie so op die kamer bak nie.


88 % (afgerond)hortjies 
1 % (afgerond)hortkies
7 % (afgerond)horkies
4 % (afgerond)hordjies

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Hy het met die kwessie van rassisme 'n gevoelige ........ aangeraak.


77 % (afgerond)snaar 
1 % (afgerond)spier
21 % (afgerond)senuwee
1 % (afgerond)tand

Die idioom "'n gevoelige snaar aanraak", beteken ''n gevoelige onderwerp aanraak'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties