4343 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 02 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-03-2020 só ingevul:



Hierdie boek sal jou gedagtes van jou kwellinge ........ .



3 % (afgerond)afly
10 % (afgerond)af lei
87 % (afgerond)aflei 
af ly

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die ........ kat lê rustig op die bank.


2 % (afgerond)verslaapte
1 % (afgerond)slaap
slapent
97 % (afgerond)slapende 

Teenwoordige deelwoorde is byvoeglike naamwoorde wat aandui dat die aksie nog besig is om plaas te vind. Ons voeg dan "-ende" of "-end" aan die einde van die werkwoord by.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




ʼn Inwoner van Japan is 'n ........ .



1 % (afgerond)Japaniër
1 % (afgerond)Japanni
61 % (afgerond)Japanees
37 % (afgerond)Japanner 

Iemand wat van Japan kom, word ʼn "Japanner" of "Japannees" (met twee n'e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die woord "sweer" in die volgende sin is ’n ........ .
Sweer jy dat jy die waarheid sal praat?
Ek het ’n sweer op my toon.


17 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)sinoniem
2 % (afgerond)antoniem
78 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "sweer" (‘plegtig belowe’) en "sweer" (‘seerplek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties