4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 03 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-03-2020 só ingevul:



Dit is moeilik om my kollega se prestasies te ewenaar.
Wat is die woordsoort van "ewenaar" in bostaande sin?


89 % (afgerond)werkwoord 
4 % (afgerond)voornaamwoord
1 % (afgerond)voegwoord
6 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Goeie mondhigiëne verseker gesonde ........ .


97 % (afgerond)tandvleis 
1 % (afgerond)tand vleis
1 % (afgerond)tand-vleis
tantvleis

ʼn Samestelling ("tandvleis") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("tand", en "vleis") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




In die ........ bloei die bome.


1 % (afgerond)lengte
27 % (afgerond)Lente
2 % (afgerond)Lengte
69 % (afgerond)lente 

Name van seisoene ("lente") begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Voltooi die idioom: "Iets vir ʼn appel en ʼn ........ koop."



5 % (afgerond)peer
67 % (afgerond)ei 
27 % (afgerond)ui
1 % (afgerond)eier

As jy iets vir ʼn appel en ʼn ei koop, kry jy dit teen ʼn goedkoop prys. Die woord "ei" is die oorspronklike Nederlandse woord vir "eier".

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties