4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-03-2020 (vlak 3)



vorige toets 03 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-03-2020 só ingevul:



Klere van ........ is deesdae weer hoogmode.


94 % (afgerond)ruitjiesgoed 
3 % (afgerond)rytjiesgoed
2 % (afgerond)rykiesgoed
1 % (afgerond)ruikiesgoed

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “rytjiesgoed” in plaas van die korrekte “ruitjiesgoed”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




My ma wéét hoe om ........ te maak.


2 % (afgerond)oëblietjies
78 % (afgerond)oblietjies  
13 % (afgerond)obliekies
8 % (afgerond)oblitjies

Oblietjies is bros, papierdun skyfies wat soos klein kunswerkies lyk. Die term “oblietjie” kom van die Latynse "hostia oblata". Die lekkerny het sy oorsprong tydens die Middeleeue gehad toe kerke nagmaal daarmee gevier het. Die meeste Suid-Afrikaners ken dit vandag as "brandy snaps", maar party verkies gemmerkraakrolletjie (Peter Veldsman se mooi vertaling). Bron: http://www.kossestorie.co.za/stories/resepte/oblietjies/
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Sy studeer ........ .


33 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap
4 % (afgerond)Algemene-Taalwetenskap
7 % (afgerond)algemene taalwetenskap
55 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap 

Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Willemien het nagelaat om haar ........ te verklaar.


49 % (afgerond)privaat inkomste of private inkomste 
1 % (afgerond)slegs privaat-inkomste
26 % (afgerond)slegs privaat inkomste
24 % (afgerond)slegs privaatinkomste

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.

Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties