4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 11 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-03-2020 só ingevul:



Hoeveel ........ goud het u nodig?


2 % (afgerond)staafs
2 % (afgerond)stafens
2 % (afgerond)stawens
94 % (afgerond)stawe 

Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry "w" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "staaf – stawe".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Brendan ........ die vuur sodat dit beter kan brand.


stoock
5 % (afgerond)stok
95 % (afgerond)stook 

In geslote lettergrepe (soos in die woord “stook”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die ........ van die bekende sepie klink saans uit al die huise in ons straat.


4 % (afgerond)ken wysie
5 % (afgerond)ken-wysie
91 % (afgerond)kenwysie 

ʼn Samestelling ("kenwysie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("ken" en "wysie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die speurder stel die ........ verloop van gebeure op.


26 % (afgerond)chronologiese
44 % (afgerond)chronologiese of kronologiese 
30 % (afgerond)kronologiese

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "chronologiese – kronologiese"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "Chinees – Sjinees".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties