4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 11 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-03-2020 só ingevul:



Die regering kan nou die bod om die ........ aan te bied amptelik steun.


29 % (afgerond)Wêreld Rugbybeker
57 % (afgerond)Wêreldrugbybeker 
9 % (afgerond)Wêreld-rugbybeker
4 % (afgerond)Wêreld rugbybeker

ʼn Samestelling (“Wêreldrugbybeker”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“Wêreld”, "rugby" en “beker”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die leier van die EFF ........ verskyn vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof.


6 % (afgerond)Julius Malema
82 % (afgerond), Julius Malema,  
12 % (afgerond), Julius Malema

'n Komma word voor en na 'n toevoeging of bysin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.




Die amptenaar wat in die Hooggeregshof regspraak uitoefen, word 'n ........ genoem.


85 % (afgerond)regter 
3 % (afgerond)prokureur
12 % (afgerond)advokaat

'n Advokaat is 'n regsgeleerde wat vir 'n saak of persoon in die Hooggeregshof pleit. (Advokaat is ook 'n soort drank berei uit brandewyn, eiers, suiker en neutmuskaat.)
'n Prokureur tree namens iemand in 'n laer hof op.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




Die plaas ........ is bekend vir sy goeie wyn.


meerlus
5 % (afgerond)Meerlus
1 % (afgerond)meerlust
94 % (afgerond)Meerlust 

Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties