4343 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 12 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-03-2020 só ingevul:



Die sprinkane ........ .



95 % (afgerond)maai die veld af 
1 % (afgerond)afmaai die veld
4 % (afgerond)maai af die veld
maai-af die veld

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld "Die sprinkane maai die veld af.” en “Die sprinkane gaan die veld afmaai.”.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Jason speel klavier ........ viool en kontrabas.


2 % (afgerond)geen leesteken
2 % (afgerond)kommapunt
95 % (afgerond)komma 
1 % (afgerond)punt

Ons gebruik 'n komma by 'n lys woorde, maar gewoonlik nie voor die voegwoord "en" nie.
Sien ook die bladsy Komma.




Die ........ sakevrou dra baie duur juwele.


4 % (afgerond)skat ryk
2 % (afgerond)skatreik
1 % (afgerond)skat reik
93 % (afgerond)skatryk 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("skatryk") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Kan ........ asseblief vir my R50 leen?


29 % (afgerond)Ma of ma 
31 % (afgerond)slegs Ma
6 % (afgerond)slegs MA
33 % (afgerond)slegs ma

Tradisioneel is aanspreekvorme met hoofletters geskryf indien dit in die plek van 'n persoon se naam staan, soos in ons voorbeeldsin. Volgens die nuwe AWS kan 'n mens egter hoofletters of kleinletters gebruik. Kyk AWS 9.5.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties