4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 13 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-03-2020 só ingevul:



Greg verf die boom van die laai swart.
Ons het onder 'n boom gaan piekniek hou.
Die woord "boom" in bostaande sinne is 'n ........ .


82 % (afgerond)homoniem 
3 % (afgerond)antoniem
4 % (afgerond)sinoniem
12 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “boom” (‘bodem’) en “boom” (‘'n groot plant met takke’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Die peloton het die digte bosse tot agter die vyand se linies ........ .



2 % (afgerond)penetreerd
75 % (afgerond)gepenetreer 
12 % (afgerond)gepenetreerd
11 % (afgerond)penetreer

By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-“ in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Sy was van ........ af lief vir perdry.


91 % (afgerond)kindsbeen 
7 % (afgerond)kunsbeen
2 % (afgerond)kundsbeen

Die uitdrukking "van kindsbeen af" beteken ‘van die vroegste jare af’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Pa, Ma en hul kind of kinders vorm saam 'n ........ .


97 % (afgerond)gesin 
3 % (afgerond)familie

Om na ’n gesin te verwys as ’n familie is ’n anglisisme ("family").

Sien ook die bladsy Anglisismes.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties