18 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-07-2025 só ingevul:
Pieter se asem ruik effens sleg, maar ........ is hy 'n goeie tandarts.
andersuns andersins andersens
Ingevolge reël 16.13 in die AWS word die [Ə]-klank deur 'n "i" weergegee in beklemtoonde lettergrepe en in agtervoegsels.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ons ernstige buurvrou het 'n ........ ligsinnigheid.
renons op renons in renons aan renons van
Om 'n renons in iemand of iets te hê, is om 'n gevoel van afkeer of teësin te hê.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Baie mense sukkel deesdae met ........ en kry dikwels maagkrampe.
prikkelbare derm-sindroom prikkelbaredermsindroom prikkelbare dermsindroom prikkelbare derm sindroom
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die solis se vertolking het ........ gedoen aan die res van die uitvoering.
afbreek ontbreuk ontbreek afbreuk
Die uitdrukking "afbreuk doen" beteken 'skaad'. Die woord "afbreek" is om iets te 'vernietig' of te 'dekonstrueer'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)