3779 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-09-2020 (vlak 3)



vorige toets 24 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-09-2020 só ingevul:



Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?


15 % (afgerond)kolonelle-generaal
74 % (afgerond)kolonels-generaal 
6 % (afgerond)kolonels-generale
5 % (afgerond)kolonels-generaals

'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.


82 % (afgerond)Grahamstadter 
12 % (afgerond)Grahamstatter
2 % (afgerond)Grahamstadse
4 % (afgerond)Grahamstadder

Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die hond het ........ die hek gespring.


39 % (afgerond)slegs bo-oor
57 % (afgerond)bo-oor of bo oor 
4 % (afgerond)slegs bo oor
slegs boöor

Wanneer 'n setsel plus 'n setsel saam as 'n voorsetsel optree, kan dit los of vas geskryf word (AWS 14.3e).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




'n Sinoniem vir die woord "bysiende" is ........ .


38 % (afgerond)nabysiende
6 % (afgerond)versiende
47 % (afgerond)miopies 
10 % (afgerond)biopies

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "bysiende" is van Germaanse oorsprong; die woord "miopies" kom van die Griekse woorde "muo" wat 'toemaak' beteken, en "ops" wat 'oog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties