3750 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-01-2022 (vlak 3)



vorige toets 26 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-01-2022 só ingevul:



Werner het nie kwaad geword nie; inteendeel ........ hy het haar heel rustig aangekyk.


1 % (afgerond).
11 % (afgerond);
14 % (afgerond)Geen leesteken nie
75 % (afgerond), 

As woorde soos "inteendeel" en "trouens" aan die begin van 'n onafhanklike sin voorkom, word dit gewoonlik gevolg deur 'n komma.
Sien ook die bladsy Komma.




Die ........ is nie beskikbaar nie, en ek kan gevolglik nie die internet gebruik nie.


3 % (afgerond)lokalearea netwerk
10 % (afgerond)lokale area netwerk
64 % (afgerond)lokaleareanetwerk 
23 % (afgerond)lokale areanetwerk

"Lokaleareanetwerk" is 'n samestellende samestelling. Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lokale" + selfstandige naamwoord "area") en ʼn selfstandige naamwoord "netwerk".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die hoofstad van die Oos-Kaap is ........ .


10 % (afgerond)Umtata
22 % (afgerond)Mthatha
45 % (afgerond)Bhisho 
23 % (afgerond)Bisho

Bhisho beteken 'buffel' in Xhosa. Die ou spelling van dié stad is Bisho. Mthatha (voorheen Umtata) is een van die groot stede in die Oos-Kaap.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die pa was ........ vir die foute van sy kind.



42 % (afgerond)stekeblind 
39 % (afgerond)stomblind
12 % (afgerond)smoorblind
8 % (afgerond)staalblind

Die intensiewe vorme van "blind" sluit in "stekeblind", "steekblind" en "stokblind". "Steekblind" is ʼn volksetimologiese vervorming van "stokblind". (Bron: Groot Woordeboek; Etimologiewoordeboek van Afrikaans)

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
56% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties