Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 13 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-11-2025 só ingevul:



Hierdie produk bevat verskeie ........ bestanddele.
25 % (afgerond)nieaktiewe 
1 % (afgerond)nieäktiewe
73 % (afgerond)nie-aktiewe
1 % (afgerond)nieaktief

Die morfeme "eks-", "nie-", "non-" en "oud-" kry nie koppeltekens nie en word vas aan die woord geskryf tensy daar leesbaarheidsprobleme is, byvoorbeeld "eksvrou", "nieamptelik", "nonakkoordtoon" (AWS 12.27).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Sy raak maklik ........ as dinge skeefloop.
75 % (afgerond)verbouereerd 
verbou-ereerd
22 % (afgerond)verboureerd
3 % (afgerond)verbouëreerd

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" gevolg word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "verbouereerd", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Almal was in rep en ........ om alles gereed te kry vir die konsert.
99 % (afgerond)roer 
1 % (afgerond)klep
rap
schlep

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in rep en roer”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die gasvryheid van die ........ is legendaries.
1 % (afgerond)namibiërs
8 % (afgerond)namibiërs of Namibiërs
91 % (afgerond)Namibiërs 

Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties