Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 14 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-11-2019 só ingevul:



Johnston word as ’n ........ by die hospitaal behandel.


15 % (afgerond)buitenpasiënt
9 % (afgerond)buite-pasiënt
71 % (afgerond)buitepasiënt 
5 % (afgerond)buite pasiënt

Byvoeglike naamwoorde (soos "buite") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pasiënt") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die rit op die olifant was groot ........ !



1 % (afgerond)pred
98 % (afgerond)pret 
1 % (afgerond)prêt
prêd

Die [ε]-klank in die woord "pret" word nie gerek nie, dus kry die woord nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.




Die kat lê op haar skoot en ........ .



84 % (afgerond)spin 
15 % (afgerond)pur
1 % (afgerond)grom
1 % (afgerond)snork

Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Sien ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Die plaaslike sakeonderneming het twee ........ .


10 % (afgerond)Senior bestuurders
9 % (afgerond)Senior Bestuurders
75 % (afgerond)senior bestuurders 
6 % (afgerond)senior Bestuurders

Wanneer 'n ampsbenaming ("senior bestuurder") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties