09 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-05-2024 só ingevul:
Die woorde "laksman" en "janfiskaal" is ........ .
antonieme
homofone
homonieme sinonieme
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Dit is ʼn werk wat groot ........ vaardigheid vereis.
intelektuele
intelek
intellektueel intellektuele
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("intellektueel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Julle kan by ons kom kuier, ........ Jan.
Oom oom
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die bottel is goed gekurk. Wat is die woordsoort van "bottel" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “bottel - die bottel – bottels”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)