01 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-04-2024 só ingevul:
Dit is baie gesond om ........ in ’n slaai te eet.
slegs sellery
seldery of sellery
slegs selery selery of seldery
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "seldery – selery"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal - meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Nagraadse studente moet ........ met die nuutste ontwikkelinge op hulle spesialisasiegebiede.
tred-hou tred hou
tredhou
Die kollokasie "tred hou" beteken 'op hoogte bly'. Die woord "tred" beteken 'stap; tree'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
in staatstel in staat stel
instaat stel
instaatstel
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Mens moet vergoed word vir jou dienste. Wat is die woordsoort van "word" in bostaande sin?
Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld: As koppelwerkwoord: Dinge “word” beter met verloop van tyd. As omskrywingswerkwoord: 'n Mens moet vergoed “word” vir jou dienste.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)