’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “hou - die hou – houe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As jy 'n ........ sien, moet jy daar stilhou.
stop-teken
stop teken stopteken
ʼn Samestelling (“stopteken”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“stop” en “teken”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek waardeer ........ opbouende kritiek.
U of u slegs u
slegs U
slegs u se
Die hoflikheidsvorm "u" wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Uitdrukking: 'n ........ in die keel hê.
Knop
Pyn
Seer
Die uitdrukking "'n knop in die keel hê", beteken 'sprakeloos van aandoening wees'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)