05 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-04-2024 só ingevul:
In hierdie ........ weet ons nog nie of rentekoerse gaan styg of daal nie.
staaddium
staadium stadium
staddium
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: ........ en dwase skryf hul name op deure en glase.
Gekke
Geks
gekke
geks
Die idioom "gekke en dwase skryf hul name op deure en glase" beteken '’n mens moenie op onvanpaste plekke skryf nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Martjie was drie jaar oud toe sy haar eerste ........ gehad het.
Wanneer 'n woordgroep bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord (of telwoord) en selfstandige naamwoord wat in 'n samestelling as bepaler by 'n volgende selfstandige naamwoord optree, word al drie elemente vas geskryf. Ons noem dit 'n samestellende samestelling.
Die ondersoekspan sal die gebeure ........ om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.
analiseer
annaliseer
analisseer
annalisseer
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “analiseer”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Hierdie woorde val in die tussenklas.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)