08 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-04-2024 só ingevul:
Sy het haarself boeglam geskrik toe die inbreker ........ in haar deur verskyn.
skillik skielik
skiellik
skilik
'n Konsonantletter wat tussen 'n kort [i], [y] of [u] of 'n [ø:] en 'n volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die Nazi's het die Jode wreed ........ .
onderdruk
geönderdruk
geonderdruk
ondergedruk
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ se waarde daal by die dag.
Rand rand
Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.
Wanneer ek kwaai hoofpyn het, lê ek ʼn rukkie met ʼn koue ........ op my voorkop.
komppres kompres
komppress
kompress
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)