Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 02 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-09-2024 só ingevul:



Ná die goeie reën is die dam vol.
Wat is die woordsoort van "vol" in bostaande sin?
43 % (afgerond)beskrywende byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)preskriptiewe byvoeglike naamwoord
32 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 
23 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n vol dam”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die dam is vol".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ wat die siekte aan die liggaam veroorsaak, is nog nie vasgestel nie.
3 % (afgerond)lang termyn skade
95 % (afgerond)langtermynskade 
1 % (afgerond)lang termynskade
1 % (afgerond)lang termyn-skade

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lang" + selfstandige naamwoord "termyn") en ʼn selfstandige naamwoord "skade".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Hoe moes ons dan hierdie saak ........ het?
gehandteer
41 % (afgerond)hanteer
6 % (afgerond)gehanteer
52 % (afgerond)hanteer of gehanteer 

By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig, is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Vul die korrekte woordsoort in:
Die woord "omnibus" word meestal as 'n ........ gebruik van 'n keur van werke wat in een bundel saamgevat is.
3 % (afgerond)eienaam
1 % (afgerond)persoonsnaam
94 % (afgerond)versamelnaam 
2 % (afgerond)noemnaam

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties