20 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-06-2025 só ingevul:
Die familie het 'n ........ ter bevordering van Afrikaans gestig.
vonts fonts vonds fonds
Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het. Die woord "fonds" verwys na geld wat vir 'n bepaalde doel gehou word; die woord "vonds" verwys na iets wat "gevind" is.
Sien ook die bladsy Homofone.
Ek moes nie my ontbyt oorgeslaan het nie; nou is ek ........ honger!
rasend ontstemd hartstogtelik onthuts
As jy rasend honger is, is jy buite jouself van honger. "Ontstemd" is om 'verergd' te wees. "Onthuts" beteken 'ontsteld', en "hartstogtelik" beteken 'vol hartstog'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Sandra het vir haar 'n ........ vir middagete bestel.
ham/kaas/tamatiebroodjie ham-, kaas- en tamatiebroodjie ham-kaas-en-tamatiebroodjie ham- kaas- en tamatiebroodjie
In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "tamatie" en "broodjie", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
My suster gaan nie sommer dokter toe nie; sy glo in die ........ .
homopaat homeopaat homeopaat of homopaat homiopaat
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "homeopaat – homopaat"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)