0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 26 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-03-2026 só ingevul:



Ons het die volgende môre met hoenderkraai vertrek om die verkeer te mis.
'n Sinoniem vir "hoenderkraai" is ........ .
1 % (afgerond)wekker
sonsondergang
98 % (afgerond)dagbreek 
lawaai

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "hoenderkraai" beteken 'dagbreek'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Voordat jy vir die pos aansoek doen, moet jy seker maak jy voldoen aan die ........ kwalifikasies.
16 % (afgerond)vereisde
2 % (afgerond)vereiste of verysde
81 % (afgerond)vereiste of vereisde 
2 % (afgerond)veryste

Voltooide deelwoorde wat op "f", "g" of "s" eindig, kry "-te" of "-de" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die stad Polokwane is die hoofstad van die provinsie ........ .
99 % (afgerond)Limpopo 
1 % (afgerond)Limpoppo
limppopo

Plekname soos geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge, ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



Hy het deur sy vinnige reaksie ʼn ongeluk voorkom.
Wat is die woordsoort van "voorkom" in bostaande sin?
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
18 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
69 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
6 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Hy het 'n ongeluk voorkom. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties