Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-09-2024 só ingevul:



Weens haar diepe belangstelling in ........ , volg Suzane elke berig daaroor op.

48 % (afgerond)aërodinamika 
49 % (afgerond)aerodinamika
3 % (afgerond)äerodinamika
äërodinamika

"Aërodinamika" is 'die leer van die beweging van gasse in die lug'.

Woorde wat van Griekse herkoms is en met ae begin, word tradisioneel met 'n deelteken op die e geskryf word. Byvoorbeeld, "aërodinamika", "aërobies" en "aërosol".

Sien ook die bladsy Deelteken.



Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.
7 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet dieet
64 % (afgerond)laekoolhidraat-hoëvetdieet  
7 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet-dieet
23 % (afgerond)lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet

By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Aan die hoof van staatsdepartemente staan ........ .
29 % (afgerond)Direkteurs-Generaal
15 % (afgerond)Direkteurs-generaal
54 % (afgerond)direkteurs-generaal 
2 % (afgerond)direkteurs-Generaal

Wanneer 'n ampsbenaming ("direkteur-generaal") of die naam van 'n instelling ("staatsdepartement") 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Idioom: Opstaan net voor die ........ kraai.
kalkoene
kraaie
100 % (afgerond)hane 
kinders

Hierdie idioom beteken 'baie vroeg in die oggend'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties