Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 05 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-09-2024 só ingevul:



Deel van die werk van ons administratiewe personeel is om klagtes oor finansies ........ .
3 % (afgerond)optevolg
96 % (afgerond)op te volg 
1 % (afgerond)op tevolg
opte volg

Ons het hier met 'n infinitiefvorm te doen. Wanneer 'n werkwoord soos "opvolg" in die infinitiefvorm geskryf word, word dit los geskryf met die infinitiefpartikel "te" tussen die geskeide dele.
Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se” vergelykings partikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die klein bokkies het op die ........ baljaar.
1 % (afgerond)luserinbale
2 % (afgerond)luserenbale
93 % (afgerond)lusernbale 
4 % (afgerond)lusêrnbale

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Die huis is toegerus met drie slaapkamers, twee badkamers en 'n ........ .
20 % (afgerond)oopplan-sit- en -eetkamer
5 %oopplan-sitkamer- en eetkamer
63 % (afgerond)oopplan-sit-en-eetkamer 
12 % (afgerond)oopplan-sit en eetkamer

Omdat ons hier met een vertrek te make het, word die hele woordgroep aan mekaar gekoppel.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek dink nie jy moet vir Ma jou ........ wys nie; sy gaan kwaad wees.
8 % (afgerond)tatoë
34 % (afgerond)tattoe
53 % (afgerond)tatoe 
5 % (afgerond)tatoo

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties