Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 06 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-09-2024 só ingevul:



Die voorsitter word ........ benoem.
13 % (afgerond)vyf-jaarliks
77 % (afgerond)vyfjaarliks 
8 % (afgerond)vyf jaarliks
2 % (afgerond)vyfsjaarliks

Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel ("-liks") wat 'n woordgroep ("vyf jaar") saambind tot 'n woord (wat dan vas geskryf word).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vernuf" in bostaande sin?

85 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
versamelnaam
2 % (afgerond)eienaam
12 % (afgerond)soortnaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vernuf", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Iemand wat dieselfde naam as jy dra, is jou naamgenoot of jou ........ .
3 % (afgerond)benaamde
2 % (afgerond)genaamd
92 % (afgerond)genant 
4 % (afgerond)benoemde

'n Sinoniem vir "naamgenoot" is "genant".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Charlemagne staan in Afrikaans bekend as ........ .
84 % (afgerond)Karel die Grote 
6 % (afgerond)Karel Die Grote
1 % (afgerond)Karel Die Grootte
9 % (afgerond)Karel die Grootte

Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter.
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties