Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 16 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-09-2024 só ingevul:



Die slagoffer het hom teen sy aanvaller verdedig.
Wat is die woordsoort van "verdedig" in bostaande sin?
20 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
68 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
5 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die slagoffer verdedig hom teen sy aanvaller. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die slagoffer verdedig sterk. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die handelaar hou ........ aan.
34 % (afgerond)slegs Volkswagenonderdele
55 % (afgerond)Volkswagenonderdele of Volkswagen-onderdele 
7 % (afgerond)slegs Volkswagen onderdele
5 % (afgerond)slegs Volkswagen-onderdele

Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Ons het die glas van gebreekte bottels ........ om hierdie mosaïek te maak.
hergebenut
1 % (afgerond)geherbenut
99 % (afgerond)herbenut 

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Uitdrukking: As jy jou plig versuim of probeer ontduik, dan swaai jy ........ .
7 % (afgerond)'n vangtou
4 % (afgerond)yster
8 % (afgerond)'n sambok
81 % (afgerond)lood 

Die uitdrukking "om lood te swaai" kom uit die dae toe lood gebruik is om die diepte onder die kiel van 'n skip te bepaal. Soms het die matroos net die lood geswaai sonder om dit te laat sink. Dit het die indruk gewek dat hy sy werk doen terwyl hy eintlik staan en rus.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties